19 October 2008

Hoekom sal ons nou hier bly?

Die man wat die robbe toertjies leer by St Andrews se akwarium – kom ons noem hom Andy – is onmiddelik meer spraaksaam toe hy hoor ons is van Suid-Afrika.
Hy is hard besig om te spaar sodat hy weer Suid-Afrika toe kan gaan. Hy wil daar gaan klasgee en werk, vertel hy.
“Waarom sou hy dit wil doen as almal uit Suid-Afrika wil padgee? Kyk net hoeveel Suid-Afrikaners is hier in Brittanje,” wil ons weet.
Hy kyk ons aan asof ons pas voorgestel het dat ons die raarste vis in sy tenk vir aandete eet.
“Dis die mooiste plek in die wêreld. Waarom sou enigiemand nie daar wil bly nie?” vra hy verbaas.
Die gesprek met Andy spook nou reeds ’n paar dae by my. Veral omdat ons, soos Andy, ook besig is om planne te maak om “huis” toe te gaan.
Ten spyte van die feit dat ek die Britte gedurende my tyd hier leer ken het as ’n ongelooflike akkommoderende spul wat agteroor buig om ander nasies en kulture te laat welkom voel op hul eiland, is ek nie Engels nie.
Gedurende die drie jaar wat ek hier in die noordelike halfrond gebly het, het ek baie waardering gekry vir die historiese frats wat my gemaak het wat ek vandag is. My voorvaders was Frans, my taal ’n halfnaatjie boetie van Hollands terwyl my breë sosio-politiese lewensbeskouing sterk beïnvloed is deur ons Anglo-Saksiese koloniale meesters.
Ek is ’n onbeskaamde basterkind. Op my mees rasionele oomblikke voel ek my nêrens werklik tuis nie. Té wit vir Afrika en te wild vir Europa.
’n Mens moet jou egter weerhou daarvan om jou eie geval as besonders voor te hou. Die wêreld is vol sulke ontuises: Karibiese Engelse, Turkse Duitsers, Duitse Namibiërs – baie van hulle selfs meer volksvreemd as Afrikaners.
Daar is sommige (wit) Suid-Afrikaners wat argumenteer dat ’n mens dié siklus van nêrens tuis wees moet verbreek. Hulle sê ’n mens moet emigreer om jou kinders ’n beter kans te gee en is gewoonlik erg trots op die feit dat hulle spruite nou egte Engelsmannetjies is wie se plat Hollywood polisieman-Engels binne een generasie uitgeteel het of wat nou net so goed skaats soos ’n Kanadese yshokkie-speler.
Ek bewonder die opoffering wat sulke mense bereid is om vir hul nageslag te maak, maar self sien ek nie kans om só ’n reusagtige kulturele afgrond tussen my en my kinders te plaas nie.
Hoe, wonder ek, beantwoord jy ’n nuuskierige kleuter se miljoene “hoekom-vrae” oor die goggatjies, die bome, die grasse en die blommetjies wat hy elke dag teenkom as jy self nie die nuwe wêreld rondom jou ordentlik ken en verstaan nie? Hoe leer jy ’n jong seun conkers speel as jy self net kennetjie ken?
Ek weet dat ek nie die enigste een is wat met hierdie probleme worstel nie. Immigrasie prokureurs hier in Londen vertel my dat die meerderheid Suid-Afrikaners wat terugkeer huis toe, is jong mense wat ’n paar jaar hier gewerk het en pas met ’n gesin begin het. Dit is vir hulle wie die gekombineerde trekpleister van oupa en ouma en die herinneringe van hul eie grootwordjare té veel raak.
Want ja, dit sal dalk nuus wees vir baie van Rapport se meer pessimistiese lesers, maar die migrasie-vloei tussen Brittanje en Suid-Afrika is nie net in een rigting nie en duisende Suid-Afrikaners wat hier woon, speel met die idee van terugkeer.
Met die Britse ekonomie wat nou ’n seker resessie in die gesig staar, voorspel ek dat baie Suid-Afrikaners wat tot nou toe net oor die moontlikheid getob het, hulle planne tot uitvoering gaan bring. Hierdie is mense wat hulle eenvoudig nie gaan steur aan die bangmaakstories oor misdaad, oor Zuma en ANC-skeurings en die holrugdebat oor bly of gly op die koerante se brieweblaaie nie.
Elke keer as ek oor dié sake nadink, is daar ’n paar reëls uit David Kramer se Matchbox Full of Diamonds wat by my opkom. Dis baie gepas, omdat dit die irrasionele aard van enige debat oor identiteit en blyplek so mooi saamvat:
Miskien vir jou is die plek lelik/ Maar vir my is die plek mooi/ Hoekom sal ons nou hier bly/ Want die Here het ons hier gegooi.

  • Hierdie rubriek is vir die eerste keer in Rapport gepubliseer op 12 Oktober 2008.

14 comments:

Happy March said...

Ek bly in Amerika en is met 'n Amerikaner getroud. As mens my amerikaner vra waar hy vandaan kom en waar hy bly sal hy vir jou vertel "Texas".

Ek mis Suid Afrika so erg dat ek partykeer in my kar huil terwyl ek in spitsverkeer sit, aan die regterkant van die pad.

Ek wardeer jou blog baie. Dis lekker om goeie afrikaans te kan lees. Dis nog lekkerder om sulke intelligente goeie afrikaans te kan lees.


Dankie.

Pieter Malan said...

Baie dankie vir die gawe kompliment Happy. Ek waardeer dit baie. Ek wens ek kon iets vir die verlange voorskryf, maar ek vermoed daar is nie raad nie.

Snot Block said...

Interessante Blog wat jy het Pieter. Ons is al vir 12 jaar in Aus en het nooit teruggekyk nie. Oor die jare het ek baie 'Pommies' ontmoet, wat self siek en sat vir die nat en koud is. Na 'n paar weke hier, dan reken van hulle die hele ondervinding is wat 'missing' was hulle hele lewe lank.

Ons ontmoet ook Suid-Afrikaners wat eers op 'die eiland' was - toe terug SA toe en toe weer die Groot Trek aangepak het Aus toe.

Wat kan 'n mense sê - elkeen vir hulself en die Duiwel vir ons almal. Ek voel meer tuis in Aus as in Suid-Afrika (ek's eintlik van Namibia af). Die Aussies hier in die platteland is dieselfde tipe mense as die mense van Namibia. Nie veel verskille nie.

Persoonlik het ek nie tyd vir die nonsense wat aangaan in die hele Suidelike Afrika nie. Die 'breadbasket' van Afrika het nie meer brood nie - mense sit en vrek van die honger. Die 'cradle of mankind - the origin of man' het die hoogste moordsyfer in die wêreld. Die regering het sommer ophou tel.

Ek bly baie gelukkig in die land van die 'convicts', waar 'n slim 3-jarige die volle moordsyfer kan tel. 'n Land waar my kinders alleen in die middel van nêrens kan staan en wag vir 'n bus. 'n Plek waar ek nie my karre of huis sluit nie.

'n Plek waar ek jag en visvang soos in die Kavango. Dis lekka Down Under.

Pieter Malan said...

Ek bly nou al 3 maande in Sydney, en as ek maar kyk hoe my dogtertjie elke dag meer en meer kind word soos sy moes gewees het in SA, dan weet ek dat ek die regte ding gedoen het.

Sal seker ook verlang 'huistoe' eendag, maar dit sal meer verlang wees na die tye, nie die plek nie.

Dankie vir die blog - Ons 'Pieter Malans' is darem nie te sleg nie !!

Pieter Malan said...

Inderdaad is ons nie té sleg nie. Dankie Pieter.

Patmos Pete said...

Die koninkryk van die hemele het naby gekom.
God het jou lief. Lees jou Bybel.

Anonymous said...

[url=http://www.kamagrashop.pl]viagra[/url], scrutinize up on my site. If you are interested in entourage, see [url=http://www.4uescort.de]huren[/url] or [url=http://www.escort4u.pl]ogloszenia towarzyskie[/url]

Anonymous said...

[url=http://www.freewebs.com/quomem]bupropion off the market
[/url]bupropion er
bupropion sr weight loss
zyban experiences
bupropiona e alcool
anfebutamona wellbutrin

Anonymous said...

TbMHhNp , [url=http://www.xvideos.com/video1851542/ho_s_float]Excited hottie Nika Noire[/url] , vHZwgGxgKG, 2 dark ladies present how to do it , xQgRzDxOz, http://www.xvideos.com/video1851761/outdoor_cocksucking_race Possess POV fun along with Riley Steele , bvnKCfn. KqitXBDqu , [url=http://www.xvideos.com/video1851230/shelby_sucks_1]Clinic handjob[/url] , sJkMqPzVe, Priya Rai rides Derrick very challenging to the bottom , nqmMNhs, http://www.xvideos.com/video1851179/anne_hathaway_and_bijou_phillips Patricia my partner and i deepthroat 1 , zPQvxVtxCB.

Anonymous said...

If some one wants expert view concerning blogging then i advise him/her to visit
this weblog, Keep up the fastidious job.
my web site: cash advance payday loans

Anonymous said...

ProviFe empty areas or white spaces http://www.germanylovelv.com/
give your target reaFers room [url=http://www.germanylovelv.com/]louis vuitton knolckoffs[/url]
Figest your message. White space also makes your copy easier [url=http://www.germanylovelv.com/]Louis Vuitton Outlet[/url]
the eyes oF your reaFer[url=http://www.germanylovelv.com/]louis vuitton knolckoffs[/url]
Just remember not [url=http://www.germanylovelv.com/]Louis Vuitton Outlet[/url]
cram so several things in your brochure that it woulF look cluttereF in the proces[url=http://www.germanylovelv.com/]louis vuitton knolckoffs[/url]

|
|

Deepa Arora said...

We are 3 years old female escorts service agency in Delhi and we love to serve high class gentlemen. We provide service to all age group people.
Our escorts are not regular worker they work part time here in Delhi as Delhi escorts. They take great care of their body with regular exercises and medical checkups. There charming personality will make you different from other females of same profession as they have grown up with caring and healing attitude. They got natural human touch and sweet conversation power inside them .They will dress up well and make your stress less and relax. You will find perfect Delhi Escorts for encounters. These girls just love their work they do escort business in Delhi by choice. These girls work alone not connected with any other escort agency in Delhi.

Ankita Sen said...

www.delhi37.com
www.no1escorts.in
www.shefaliescorts.com
www.heavenescortservices.in
www.russianescorts.in
www.gurgaonescortservice.in
www.independentescortsdelhi.in
www.escortsservicegurgaon.com
www.desipariyaan.com
www.modelescorts.in
www.escortservicesingurgaon.com
www.bookaescort.in
www.monikatalwar.com
www.foreignescortingurgaon.com
www.russianescortindelhi.com
www.russianescortsingurgaon.in
www.passionatepleasure.in
www.gurgaongirls.com
www.nightpleasure.in
www.fantasynight.in
www.delhibaby.com
www.imgur.org.in
www.malikescorts.com
www.gurgaonescorts.info
www.citygirls.in
www.blueheavenescorts.in
www.pinkzilla.in
www.modelescortsdelhi.com
www.escortstoday.in
www.lailaescorts.in
www.booloo.in
www.girlsplace.in
www.teenaescorts.in
www.escortsad.in
www.escortsservicegurgaon.in
www.escortsservicesindelhi.in

Janvi Kapoor said...

This is janvi Arora from Delhi.

Delhi Escorts
Delhi Escort
Independent Delhi Escorts
Independent Escorts in Delhi