30 January 2006

Up in smoke

Dit het my glad nie verbaas dat 'n Brit daarvan verdink word dat hy die verwoestende brand wat oor die naweek op Tafelberg gewoed het, begin het nie.
Vir diegene wat vergeet het (of nooit geweet het nie): Anthony Cooper, 'n 36-jarige verkoopsman van Brighton het in 'n Kaapse hof verskyn op aanklagte van brandstigting en strafbare manslag na die brand waarin nog 'n Britse toeris dood is. Iemand het na bewering gesien hoe Cooper 'n sigaret by sy motorvenster uitgooi en hoe die brand kort daarna in die omgewing begin.
Die ongeergde wyse waarop rokers van hul gedane stompies ontslae raak is natuurlik nie eie aan die Britte nie. Rokers regoor die we^reld - selfs mense wat andersins besonder beskaafd met hul rommel omgaan - gaan klaarblyklik van die standpunt uit dat daardie klein lelike stink filtertjie aan die einde van 'n sigaret nie vullis is nie. En omdat dit nie vullis is nie, kan jy dit gooi net waar jy wil.
Die meeste nie-rokers vermy gewoonlik rokers vanwee die borrels rook wat by hul monde en neusgate uitkom. Nie ek nie. Ek haat rokers vanwee hul morsige maniere. Ek's jammer. Dis net een van die dinge wat ek van my army dae af oorhou (soos my weiering om in 'n tou te staan vir kos). Die ure wat ek met chicken parades verkwis het terwyl ek en 'n peloton ander niks anders opgetel as stompies nie, het my vir ewig geskend.
Terug egter by Britse rokers: Behalwe vir die feit dat hulle, net soos ander rokers, nie weet wat om met hul stompies te doen nie, is Brittanje ook een van die laaste lande in die Westerse we^reld waar rokers se reg om hulself te vergiftig deur die wet beskerm word. (Dit is die skrale 30% van Britte wat rook, volgens die jongste statistieke).
In plaas daarvan dat rokers teen hulself beskerm word, moedig die Britse regering die bevolking aan om te rook deur hul weiering om rook in die openbaar te verbied.
Dit is dieselfde regering, asseblief, wat besig is om 'n wetsontwerp voor te berei wat dit onwettig sal maak om jou honds se stert af te sit - op die gronde dat dit wreed is.
Die Arbeidersregering wik en weeg nou reeds etlike maande (of is dit jare) met 'n stuk wetgewing wat wel rook in restaurante en pubs sal verbied, maar die weergawes en opsies wat die wetgewing toelaat het nou reeds deur soveel stadia en weergawes gegaan dat niemand meer weet wat die voorstelle eintlik behels nie.
Die vrae waarmee die wetgewers hulself uiteindelik gaan besig hou as die wet uiteindelik in Februarie ter tafel gele^ gaan word is dinge soos: Moet ons net rook verbied in pubs wat kos bedien? Wat van pubs wat middagete bedien maar nie aandete nie? Moet ons rook verbied in privaat "gentlemen clubs"? Wat van die armer dele van die dorp waar pubs nie kos bedien nie - beteken dit dat ons nie omgee as die armes hul dood rook nie?
So gaan hul argumenteer en tob en pieker. Dieselfde parlementslede wat binne enkele ure - of was dit minute - hul premier se halfgebakte plan om troepe na Irak te stuur, goedgekeur het.
Anthony Cooper het dus alle reg om verontwaardig te wees oor die feit dat 'n derde we^reldse landjie, 'n voormalige kolonie aan die suidpunt van Afrika, hom opsluit omdat hy rook.
Dit is sy godgegewe reg om te rook. Sy eie regering se^ so.
En om sy stompies te skiet waar hy wil is 'n reg gevestig deur miljoene rokers oor baie, baie jare.
Now put that in your pipe and smoke it.

21 January 2006

Gratis Willy

Ek het die laaste 24 uur nogal baie tyd aan 'n sekere walvis in die Teems spandeer.
Is Vrydagmiddag vir die eerste keer uit Chelsea toe om te gaan kyk wat aangaan en begin skryf aan 'n berig vir Rapport vir Sondag.
Vandag weer Battersea toe vir 'n paar uur. Dit, plus die ure voor SkyNews en BBC, laat 'n mens nogal met 'n snaakse gevoel van verlies toe die walvis uiteindelik vertrek na walvishemel.
Nie dat dit ooit enigsins anders kon nie - die arme ding het nooit 'n kans gehad nie. Dit was net 'n kwessie van hoe dit gaan gebeur - gaan hulle die arme ding met 'n inspuiting moet verlos of gaan hy uit sy eie vertrek?
Die hele petalje illustreer egter natuurlik wonderlik die vreemde verhouding wat die Britte met diere het. Hulle is nou eenmaal die oorspronklike bunny huggers. Waar in die we^reld sal jy vir meer as 12 uur niks anders op jou 24uur nuuskanaal uitsaai as 'n walvis se geswem in die Teemsrivier? Dis asof die derde Golfoorlog uitgebreek het. Daarom is ek bly vir die redders se part dat die vis uiteindelik self gevrek het. Kan jy jou die oproerigheid voorstel as hulle die arme ding moes inspuit?
Maar die hele petalje het ook 'n ander sy van die Britte se psige ten toon gestel. Ten spyte van hul chaotiese bankstelsel kan hulle werklik organiseer.
Die groep met die vreemde naam, British Divers Marine Life Rescue, is werklik 'n baie impressive outfit.
Nie net in die manier waarop hulle beheer oor die situasie geneem het nie, maar ook die manier waarop hulle die media-deel van die operasie met professionaliteit benader.
Hulle website was puik met die jongste inligting onmiddelik beskikbaar. Hulle woordvoerder was ingelig en altyd beskikbaar (of het oproepe binne minute beantwoord).
'n Werklik uitstekende voorbeeld van hoe dinge soos die bestuur kan word as jy regtig wil.

18 January 2006

Sokkermal

Die wedstryd tussen Manchester United en Burton Albion word vanaand gespeel. Ek het verlede week vir Die Volksblad die volgende oor die wedstryd geskryf:

Kyk, ek is nou nie 'n ou wat heeltemal verskriklik over the top fanaties oor sport is nie.
Ek sal nou nie by 'n rugbywedstryd opdaag met horings op my kop of my sitkamer wit met blou strepe verf of net wit en goue onderbroeke dra nie. Maar soms is sport darem net so wonderlik heerlik en onverwags dat jy nie kan help om lofsange daaroor te sing nie.
'n Sokkerwedstryd hier in Brittanje in die dorp Burton-on-Trent, net noord van Birmingham, is 'n baie goeie voorbeeld hiervan. Dit gee mens sommer weer nuwe lus om op 'n Saterdag voor die televisie te gaan sit en jouself te ooreet aan 'n sportdieet - of nog beter, om 'n kaartjie te koop en self af te sit na jou plaaslike stadion. Al het jou span laas met die runderpes 'n wedstryd gewen.
Die rede waarom ek skielik so opgewonde oor sport is, is die feit dat een van die we^reld se grootste klubspanne, Manchester United, verlede naweek teen 'n span 104 plekke laer af op die sokkerleer vasgeval en gelykop gespeel het.
Voor Sondag was Burton-on-Trent slegs bekend as die dorp waar hulle Bovril maak. Nou is dit op almal se lippe as die tuisdorp van 'n span wat die magtig duiwels rooi van skaamte gelaat het.
Waarom dan so opgewonde oor 'n gelykop uitslag?
Dis moeilik om dit te beskryf - kom ons se^ maar dis soos vir die Vrystaat om die Curriebeker te wen. Met die vergelyking wil ek allermins vir Rassie Erasmus en sy dapper krygers beledig.
Maar kom ons wees eerlik - die FA Cup is nie die Curriebeker nie en in die we^reld van voetbal (soos die Engelse die sport noem wat ons as sokker ken) is Manchester United god.
Daar is nog 'n ooreenkoms tussen ons onlangse rugbygeskiedenis en die FA Cup. Net soos 'n sekere rugbyspannetjie doer in die omgewing van die Apiesrivier, glo Manchester United ook soms dat hulle net hoef op te daag vir 'n wedstryd om te wen.
Die vreugde is daarom dubbeld so groot as 'n groot professionele span soos United teen 'n klomp semi-amateurs verloor - 'n gebeurtenis wat ongelukkig in die era van professionele sport al hoe skaarser word.
Kyk net bietjie na die syfers: Twee United spelers, Wayne Rooney en Cristiano Ronaldo, verdien ses keer meer as wat Burton Albion se nuwe stadion gekos het.
Hulle salaristjek vir 'n week is meer as wat Burton se spelers in 'n jaar uit sokker verdien.
Burton se kaptein, Darren Stride, is 'n bouer wat werk kombineer met sy groot liefde - sokker. Hy se^ Vrydae vat hy dit net 'n bietjie kalmer by die werk sodat hy reg kan wees vir Saterdag se game.
Die meeste van sy spanmaats is spelers wat deur groter klubs die deur gewys is omdat hulle nie goed genoeg is nie en na Burton gekom het om hulle selfvertroue te herwin.
Die klub se speler/bestuurder, Nigel Clough, kom uit 'n legendaries Engelse sokkerfamilie en het op sy dag vir Engeland gespeel. Hy kan self 'n baie beter pos by 'n groter klub kry, maar bly by Burton omdat hy meer tyd met sy gesin kan deurbring.
Voor Sondag se wedstryd het hy aan die Sondagkoerante gese^: "Ek staan soggens op om my kinders by die skool af te laai en middae gaan haal ek hulle weer. Wat die Manchester United wedstryd ookal beteken, kan dit nooit soveel plesier bring nie."
Sondagoggend was Burton Albion se grootste vrees dat Manchester met hulle die vloer sou vee voor 'n televisiegehoor van miljoene. Dat elke foutjie, elke doel, 'n duisend keer in stadige aksie herhaal sal word.
Teen halftyd was dit duidelik dat dit nie sou gebeur nie. Dit was eerder Sir Alex Ferguson, die rooies se bestuurder, wat bekommerd begin lyk het terwyl die Man United ondersteuners begin dreunsing: "Fergie, Fergie, sort it out".
Selfs sy multi-miljoen rand plaasvervangers, Rooney en Ronaldo, kon hom nie red nie.
Want soos Rassie en sy dapper krygers goed weet - 'n vet beursie is geen antwoord vir passie nie.

16 January 2006

'n Nuwe Jaar!!??

Nuwejaarsvoorneme nommer een: Leer al die Engelse konings van 1066 tot by Elizabeth II uit my kop uit.
Tweedens: Vind uit waarom die standbeelde van premiers op Parliament Square so signicant is. Winston Churchill is maklik. Abraham Lincoln kan ek raai. Slim Jannie Smuts ondersteun ek heelhartig.
Maar wie de donder was George Grenville en Robert Peel?
My vrou se^ ek is simpel en vervelig. Sy is waarskynlik heeltemal reg, maar hoe kan 'n mens in 'n land bly waarvan jy nie die geskiedenis verstaan nie?
So here goes. Vir iemand wat sukkel om die Britse konings van die twintigste eeu agtermekaar te onthou wag daar 'n harde paar weke agter die boeke.
Die groter prentjie: Ek en my vrou Sonja het vier weke terug in Londen aangekom - die begin van 'n drie jaar kontrak as Londense korrespondent vir Media24 - die Suid-Afrikaanse koerantgroep wat voorheen bekend was as Naspers.
Die uitdaging vir hierdie blog - die derde nuwejaarsvoorneme - is dus 'n irreverent Suid-Afrikaanse kyk op die lewe in Londen. Hopelik net so leesbaar vir die mense by die huis as die Suid-Afrikaners hier in Brittanje.
Hoop ek sien jou weer.