21 January 2006

Gratis Willy

Ek het die laaste 24 uur nogal baie tyd aan 'n sekere walvis in die Teems spandeer.
Is Vrydagmiddag vir die eerste keer uit Chelsea toe om te gaan kyk wat aangaan en begin skryf aan 'n berig vir Rapport vir Sondag.
Vandag weer Battersea toe vir 'n paar uur. Dit, plus die ure voor SkyNews en BBC, laat 'n mens nogal met 'n snaakse gevoel van verlies toe die walvis uiteindelik vertrek na walvishemel.
Nie dat dit ooit enigsins anders kon nie - die arme ding het nooit 'n kans gehad nie. Dit was net 'n kwessie van hoe dit gaan gebeur - gaan hulle die arme ding met 'n inspuiting moet verlos of gaan hy uit sy eie vertrek?
Die hele petalje illustreer egter natuurlik wonderlik die vreemde verhouding wat die Britte met diere het. Hulle is nou eenmaal die oorspronklike bunny huggers. Waar in die we^reld sal jy vir meer as 12 uur niks anders op jou 24uur nuuskanaal uitsaai as 'n walvis se geswem in die Teemsrivier? Dis asof die derde Golfoorlog uitgebreek het. Daarom is ek bly vir die redders se part dat die vis uiteindelik self gevrek het. Kan jy jou die oproerigheid voorstel as hulle die arme ding moes inspuit?
Maar die hele petalje het ook 'n ander sy van die Britte se psige ten toon gestel. Ten spyte van hul chaotiese bankstelsel kan hulle werklik organiseer.
Die groep met die vreemde naam, British Divers Marine Life Rescue, is werklik 'n baie impressive outfit.
Nie net in die manier waarop hulle beheer oor die situasie geneem het nie, maar ook die manier waarop hulle die media-deel van die operasie met professionaliteit benader.
Hulle website was puik met die jongste inligting onmiddelik beskikbaar. Hulle woordvoerder was ingelig en altyd beskikbaar (of het oproepe binne minute beantwoord).
'n Werklik uitstekende voorbeeld van hoe dinge soos die bestuur kan word as jy regtig wil.

1 comment:

Francois said...

Kort voor lank het hierdie prentjie die rondtes gedoen in mense se inbokse. (Daar's meer soortgelyke spoofs op Pachy se blog.)

Kyk ook Wallace & Gromit: Curse of the Were-rabbit vir 'n uitstekende uitbeelding van die Britte se houding(s) tot oulike wollerige diertjies.